BMW herroep 390 000 voertuie
2011-09-05 14:07
Duitsland – BMW, die Duitse motorvervaardiger, is geforseer om 390 000 voertuie te herroep.
Dít volg nadat daar vasgestel is dat daar twee aparte foute op dié voertuie is.
Altesaam 120 000 dieselvoertuie is in Europa herroep en 35 000 in Duitsland nadat daar bevind is die brandstoffiltreerder van BMW se 1-reeks en 5-reeks loop steeds, al is die motor afgeskakel.
In uitsonderlike gevalle kan dié probleem tot ‘n brand lei, hoewel die maatskappy dit duidelik gemaak het dat geen voorvalle van brande tot dusver aangemeld is nie.
In 'n ander geval het BMW ook 240 000 van sy 3-reeks voertuie, wat tussen 2002 en 2005 vervaardig is en in Amerika verkoop is, herroep. Dié motors is herroep weens ‘n fout met die remligte.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP