Auris, Polo’s pak grond, teer

2010-07-23 02:12
Tweets Share Share line Print

Dis Ralph Pitchford wat so deur die lug vlieg met sy VW Polo. Daar word weer ’n groot tweestryd die naweek tussen Volkswagen en Toyota in die VW-tydren in die Baai verwag.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Dis presies halfpad deur die tydren-seisoen en sake op die punteleer is op ’n vonkprop se skerpkant vir die jaers én die spanne gebalan­seer.

Die VW-tydren, die vyfde ren van agt byeenkomste in vanjaar se nasionale tydrenreeks, vind dié naweek in Port Elizabeth en omstreke plaas en die jaers kan maar solank gereedmaak vir ’n lekker moeilike byeenkoms.

Hoewel die Oos-Kaapse streek nie die laaste paar maand so baie reën gehad het nie, sal die talle skofte wat deur die Longmore-woud geskied die jaers se vernuf behoorlik beproef.

Die ren is een van die min op die Suid-Afrikaanse ka­lender wat so ’n verskeidenheid ren­toestande.

Dit wissel van glyerige grondpaaie tot goeie-greep-teerpaaie.

Hoewel ’n stewige getal van 40 spanne hulself vir die ren ingeskryf het, is dit die groot twee­stryd tussen Toyota se S2000 Auris en die VW Polo’s wat weer eens die meeste van die kalklig sal steel.

VW se Enzo Kuün is tans die voorloper op die punteleer, maar net vier punte agter hom is Johnny Gemmell in sy Auris.

Gemmell het by die vorige byeenkoms, die SA tydren in Mpumalanga, met ’n breuk van ’n sekonde oor Jannie Habig (Polo) geseëvier en so tot by die hakke van Kuün gevorder.

In sy tuisren sal die VW-span dus weer goed nadink oor dié dag se 0,7 sekondes wat hulle van ’n eerste plek geskei het.

Wat die naweek se byeenkoms egter nog interessanter kan maak, is dat die volgende ses mede­dingers almal binne tien punte van die voorlopers is.

Met nog vier renne op die kalender oor, sal ’n sege die naweek dus net die nodige hupstoot wees om jou neus voor te kry.

’n Gevaarlike buiteperd is die Ford Fiesta, wat vanjaar in sy eerste seisoen deelneem.

Die motor het in sy eerste ren uitgebrand, maar ’n nuwe een is vanuit Europa laat kom en met Conrad Rautenbach agter sy stuur behoort hy die voorste jaers goed op hul pas­oppens te hou.

Die ren begin môre met drie skofte wat in die Longmore-woud afgehandel sal word, waarna die jaers Saterdag in Port Elizabeth sal eindig.

Lees meer oor: auris  |  polo  |  tydren

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.