Afrika se grootste motorskou eersdaags in Jhb

2011-08-04 11:19
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Suid-Afrikaners kan hul vere reg­skud vir die grootste motorskou in Afrika – die Johannesburgse motorskou, wat van 6 tot 16 Oktober gehou word.

Die skou word vanjaar weer by die Nasrec-sentrum in die suide van Johannesburg gehou.

Vanjaar se skou-ervaring behoort egter beter as voorheen te wees, aangesien die sentrum verlede jaar vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi opgeknap en mooigemaak is.

Die Johannesburgse skou is ’n “afstammeling” van die oorspronklike Auto Africa-skou van ’n paar jaar gelede. Dié tweejaarlikse skou is later deur nuwe eienaars oorgeneem, waarna die naam na Jims (die Johannesburgse Internasionale Motorskou) verander is.

Aangesien die skou laas in 2008 plaasgevind het, moes hy verlede jaar weer sy skou-tekkies aantrek. Die groot sokker het egter gemaak dat die organiseerders hul datum na vanjaar geskuif het.

Intussen het die eienaars besluit om nog ’n slag die naam te verander. Dit is nou net die Johannesburgse skou, glo om dinge meer standaard met ander wêreldname soos Detroit en Genève te maak.

Maar terug na vanjaar se motorskou.

Daar sal oudergewoonte nie net nuwe rygoed uitgestal word nie, maar ook bybehore, onderdele en die jongste tegnologie wat in die motornywerheid ingespan word.

Verskeie konferensies oor die motorbedryf en sy verwante nywerhede, bygewoon deur van die land se voorste kenners, sal ook in dié tyd by Nasrec plaasvind.

Maar ja, dit is die nuutste en blinkste rygoed wat die besoekers weer ’n slag gaande gaan hê.
Intussen maak plaaslike vervaardigers hulself gereed om die skou te gebruik om ’n klomp nuwe rygoed in Suid-Afrika los te laat.

Terselfdertyd gaan ’n paar eksklusiewe voertuie, direk van die Frankfurtse skou waar hulle hul wêreldpremière beleef het, vir die publiek gewys word.
  

- Beeld

Lees meer oor: johannesburg  |  motorskou

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.