A7 trek langs CLS in

2010-08-19 11:33
Tweets Share Share line Print

Beeld

Audi het pas die sluier gelig oor sy nuwe A7, ’n groot en elegante “vierdeur-koepee” wat Mercedes se CLS en Porsche se Panamera regstreeks moet aanvat.

In Ingolstadt se model-portefeulje sal die A7 netjies tussen die vlagskip-A8 en die A6-sedan inskuif, maar wat meganika betref, het hy meer met die A8 as die A6 gemeen.

Die nuwe A7 is op ’n verkorte weergawe van die A8 se onderstel geskoei, met die asafstand wat 80 mm korter as die A8 s’n is.

Tog, met ’n neus-tot-stert-afstand van 4,97 m, is die groot A7 g’n hierjy-knaap nie en hy sal beslis ’n treffende teenwoordigheid hê.

Benewens die vloeiende daklyn wat geleidelik na agter daal, sal sy sportiewe en “koepee”-gevoel verder aangehelp word met sy dak wat nou 40 mm laer is as dié van die groter A8-sedan.

Wat sy voorkoms betref, spog die A7 met die tradisionele Audi-sierrooster wat diep na onder strek.

Weerskante daarvan pryk Audi se ander styl-kenmerk, die streep LED-liggies wat ’n oulike krul na bo het en regdeur die dag brand.

Iets anders wat opvallend is, is die wielboë wat veral agterlangs prominent uitstaan en die voertuig ’n sportiewe en doelgerigte houding gee.

In die binneruim het Audi ’n nuwe ontwerp vir sy stuurwiel bekend gestel (vier speke met ’n dik middelste gedeelte) terwyl die MMI-beheerstelsel se skermpie nie, soos in ander Audi’s, permanent sigbaar is in die voorpaneel nie, maar horisontaal uit die paneel uitskuif en dan regop staan as jy die motor aanskakel.

Vier enjins sal aanvanklik in die A7 beskikbaar wees, twee turbo­diesel en twee petrol.

Die twee diesel-kragbronne is eintlik een en dieselfde enjin (Audi se gewilde 3.0 liter-V6), maar net met twee kragvlakke danksy wisselende turbodruk wat ingespan word.

Die een weergawe lewer 150 kW en 400 Nm, en die ander 180 kW en 500 Nm wringkrag.

Aan die petrolfront sal jy kan kies tussen Audi se nuwe 3.0 liter- V6-kragbron met drukaanjaging (soos ons reeds hier in die A6 en S4 aantref) wat 220/245 kW lewer, en ’n kleiner 2.8 liter-V6 wat pa staan vir 150 kW en 280 Nm.

Terloops, dié weergawe van die 2.8-liter V6 is dieselfde enjin as wat ons in die plaaslike S4 vind, maar met ’n verlaagde, makker kragvlak.

Afhangend van watter model jy gekies het, sal aandrywing na óf die voorwiele óf permanent na al vier die wiele (in Quattro-modus) gekanaliseer word.

Die 2.8 liter-model het ’n CVT-ratkas (soos ook in die A4 gevind), terwyl die res die opsie bied van Audi se sewegang-S-tronic-ratkas met twee koppelaars en spane agter die stuur.

Audi sê sy groot A7 sal met sy TT se aanpasbare elektromagnetiese skokbrekers toegerus wees, of met lugvering waarvan jy die fermheid in drie gemakskeuses sal kan verstel.

Die skokbrekers – ’n elektriese stroom verander die oliemengsel se viskositeit – reageer op ’n situasie (deurdat die blikbrein ’n boodskap soontoe stuur om fermer te word), terwyl die lugvering vooraf ’n bepaalde fermheid kies en dan daarby hou, ongeag wat die padtoestande is.

Twee ander opsionele keuses om jou A7 sportiewer te maak, is ’n sport-georiënteerde as agter wat krag na die wiel met ’n beter greep kan kanaliseer, en ’n staan-gaan-stelsel vir brandstofbesparing.

’n Funksie wat BMW al ’n paar jaar in sy topmodelle inspan, maar Audi nou eers gebruik, is die sogenaamde ruitinligting waar ’n projektor ’n oranje, digitale beeld (soos jou snelheid) op die venster voor jou projekteer.

Danksy ’n bakwerk wat grootliks van aluminium gemaak is, spog die groot wa met ’n billike gewig van net 1 695 kg, iets wat sy verrigting en brandstofverbruik beslis positief stem.

Die nuwe A7 behoort Suid-Afrika aan die einde van die jaar of vroeg volgende jaar te bereik.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: audi  |  mercedes  |  motors

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.