70% in SA gebruik selfone agter die stuurwiel

2011-10-21 07:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sowat 70% van Suid-Afrikaanse motoriste gebruik selfone terwyl hulle bestuur, al is dit onwettig.

Luidens ’n onlangse verslag deur CIB Insurance Administrators (CIB) is selfoongebruik die grootste probleem wat betref aandag-afleibare gedrag.

Ander aandag-afleibare gedrag agter die stuurwiel sluit in eet en drink, persoonlike versorging en om op ’n satelliet-navigasiestelsel pleks van die pad te fokus.

Andrew Lilley, uitvoerende hoofbestuurder van CIB, het gesê dit is onrusbarend as Suid-Afrika se hoë pad-ongeluksyfer in ag geneem word.

“Motoriste besef nie hoe hul gedrag hul aandag kan aflei en hul tyd om te reageer met die helfte verminder nie.”

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) is aandag-afleibare gedrag moontlik ses keer gevaarliker as dronkbestuur.

“As in ag geneem word dat ’n motoris met ’n alkoholvlak van 0,05 g per 100 ml bloed ’n 15 keer groter risiko loop om in ’n ongeluk betrokke te wees, is dit in dié konteks skrikwekkend.”

Vanessa Jackson van ER24 het gesê hul paramedici sien op pad na ongelukstonele baie motoriste wat SMS’e stuur terwyl hulle bestuur.

“Dis vanselfsprekend dat mense wat hul selfone gebruik nie behoorlik na die pad kyk nie.”

Sy het gesê kinders is ook ’n groot bron van aandag-afleibare gedrag. Jackson het motoriste gemaan om seker te maak hul kinders dra sitplekgordels en om nie heeltyd te kyk wat die kinders aanvang nie.

“Vroue is geneig om hulle in die verkeer te grimeer. Dit kan ’n ongeluk tot gevolg hê en hulle is ’n makliker teiken vir kapers.

“Harde musiek en die gebruik van oorfone is ook gevaarlik.”

Volgens die Amerikaanse nasio­nale administrasie vir hoofweg-verkeersveiligheid was 18% van noodlottige ongelukke in 2009 in dié land die gevolg van aandag-afleibare gedrag. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.