Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Wen met Jan Braai en Nuus24

2012-09-14 09:47

In Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai vir die eerste keer sy omvattende kennis van vuurmaak en vleisbraai met al sy aanhangers en dié wat graag die eeue oue kuns wil bemeester.

Jan is waarskynlik die persoon in Suid-Afrika wat al die meeste vrae oor braai in onderhoude moes beantwoord. Hy is dus goed in voeling met dit waaroor die meeste mense wonder en spreek dit in Vuurwerke aan.

Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lamstjops, sosaties en beesstert-potjie. As jy dit eers onder die knie het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai probeer. En al die ou gunstelinge soos braaibroodjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee is ook daar.

Maar wat Vuurwerke werklik uniek maak, is Jan se passie wat spreek uit die details by elke resep. Van die uitsoek van jou vleis in die winkel of slaghuis tot die voorbereiding en die ideale manier van gaarmaak, word deeglik uitgelê. Boonop deel Jan graag sy kennis oor slagters en ander verskaffers.

Met Vuurwerke wou Jan nie net ’n versameling braairesepte met vae instruksies bymekaar bundel nie. “My doel met die skryf van die boek was om waarde toe te voeg tot jou lewe en om dit op so ’n manier te skryf dat dit nut het en bruikbaar is,” sê Jan.

Dit is by die vuur waar die koring van die kaf geskei word en met sy nuwe boek wys Jan Braai jou hoe!

Oor die outeur:

Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – is ’n Suid-Afrikaanse instelling so eie aan ons land soos sy een groot passie, vleisbraai. Sy ander groot passie is nasiebou.

Jan het 24 September eiehandig tot ’n jaarlikse kuier- en kosfees omskep deur Erfenisdag nie-amptelik te herdoop tot Nasionale Braaidag.

Sedert die instelling in 2005 word Nasionale Braaidag bemark met die doelwit om ’n landswye feesdag vir Suid-Afrika te skep. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind, is immers ons liefde vir kos kook oor oop vure.

Jan was ook die eerste Suid-Afrikaner om 'n Guinness wêreldrekord in braai aan te teken. Sy TV-program Jan Braai vir Erfenis is in 2011 op KykNET uitgesaai en het ’n rekord-kykergetal gehad. Hy is tans besig met die verfilming van die tweede reeks wat vanaf Julie 2012 uitgesaai word. Jan is ook op Woensdagoggende van 06:00 tot 09:00 'n gasomroeper op die ontbytprogram van Good Hope FM.

Wen met Jan Braai en Nuus24! Beantwoord eenvoudig die vraag hieronder en vul jou besonderhede in vir 'n kans om een van twee eksemplare van Vuurwerke te wen.
 

Lees meer oor: jan braai
VOLGENDE OP NUUS24X

Hierdie kompetisie het om 11:59:00 PM op Sondag, September 30, 2012 gesluit
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.