Wen kaartjies na Cirque Du Soleil
2013-02-25 11:59
Cirque Du Soleil
Die wêreldberoemde Cirque Du Soleil is eersdaags in Suid-Afrika met die stuk Dralion.
Dié vertoning is ‘n vermening van die eeueoue tradisie van Chinese akrobatiese kuns en die multidissiplinêre benadering van Cirque du Soleil.
Die stuk put inspirasie uit ’n soeke na harmonie tussen die mens en die natuur. Die naam van die stuk is ’n kombinasie van die draak (dragon), wat die Ooste simboliseer, en die leeu (lion), wat die Weste verteenwoordig.
Datums
Kaapstad:
Dinsdag, 5 Maart tot Sondag, 10 Maart in Grand Arena, GrandWest
Vrydag, 15 Maart tot Sondag, 17 Maart in Grand Arena, GrandWest
Johannesburg:
Donderdag, 21 Maart tot Sondag, 24 Maart in die Coca-Cola Dome
Kaartjies
Kaartjies kan aanlyn by Computicket bespreek word. Besoek ook Cirque du Soleil Dralion se webtuiste vir meer inligting.
Beantwoord eenvoudig die vraag hieronder en vul jou besonderhede in vir 'n kans om een van drie dubbelkaartjies na Cirque Du Soleil Dralion op Dinsdag, 5 Maart in Kaapstad te wen!