Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Die beste hoender-tikka-masala

2012-09-14 09:17
Tweets Share Share line Print

Hoender-tikka-masala is een van die bekendste tandoori geregte. Tikka beteken ‘stukke’, maar hoender-tikka verwys na ‘n spesifieke gereg met hoenderstukke wat in masalaspeserye en jogurt gemarineer is, op ‘n sosatiepen geryg is en in ‘n tandoor gaargemaak is (of in dié geval, gebraai is). Hoender-tikkamasala is een van my gunsteling kerries – en gaan waarskynlik een van joune ook wees sodra jy dié resep bemeester het.

Wat jy nodig het
(vir 4 mense)

Die hoender:
600 g ontbeende hoendervleis
sonder vel (‘n pakkie van 4 hoenderborsies)
1 koppie gewone jogurt
2 sopies hoender-tikka-masala speserye (of tandoori-masala of enige goeie masala- mengsel wat jy by jou speserysmous kan kry en wat rooi van kleur is)
1 sopie suurlemoensap
omtrent 6 sosatiepenne

Die sous:
1 sopie knoffel
1 sopie gemmer
olie of botter
1 x 400 g-blikkie tamatiepuree (of opgekapte tamaties)
2 tot 3 sopies tamatiepasta
1 koppie room
½ koppie klapperroom
1 teelepel garam masala (Dit smaak anders en is effens sterker as gewone masala omdat dit ander bestanddele in ander verhoudings bevat. Jy moet my vertrou, garam masala is die speserymengsel wat jy vir die dis nodig het, so gaan soek dit by jou speserysmous.)
1 teelepel fyn borrie
1 teelepel fyn paprika
½ teelepel fyn chilli (opsioneel, kan meer of minder wees)
2 sopies gemaalde amandels
sout
heuning
2 sopies opgekapte vars
koljanderblare (dhania)

Laat waai!

1. Sny die hoender in hapbare stukke op en meng in ‘n marineerbak met die jogurt, masala en suurlemoensap.
Bedek en sit in die yskas om vir ‘n paar ure of oornag te marineer.

2. Ryg die hoenderstukke op sosatiepenne en braai oor warm kole totdat hulle gaar is. Moet jou nie bekommer oor die paar swart kolle gekarameliseerde hoender wat jy sien nie.

3. Braai die knoffel en gemmer in ‘n lagie olie of botter in ‘n swartpotjie of ‘n vuurvaste pan. As daar marinade oor
is, voeg dit ook by.

4. Na 2 minute voeg jy al die ander bestanddele by (hou eers die sout, heuning en koljanderblare eenkant). Laat die sous vir 15 minute prut. Wanneer die sous prut, proe daaraan.
As jy wil, maak die volgende aanpassings:
Voeg nog sout by as dit nodig is.
Maak die sous sterker deur nog chillipoeier by te sit en/of soeter deur nog heuning by te voeg.
Om die kleur rooier te kry, voeg ekstra paprikapoeier by; om dit geler te kry, voeg ekstra borrie by.

5. Wanneer die sous na jou smaak is, begin dik word en die hoender gebraai is, verwyder die sosatiepenne en
voeg die sous by die hoenderstukke. Roer die dhania (koljanderblare) by en bedien met basmati-rys.

En...

As jy dink jy kan ‘n klomp balle in die lug hou, kan jy natuurlik tegelykertyd die hoender braai en die sous maak.

– Uit Vuurwerke deur Jan Braai, met vergunning van Human & Rousseau, Bookstorm.

Lees meer oor: resepte
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.