Zuma sal van wittes moet vat, sê Mugabe

2010-12-22 08:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Robert Mugabe van Zimbabwe beskou Thabo Mbeki as ’n “grootse man” en Jacob Zuma as ’n “man vir die menigtes wat daarvan hou om beloftes te maak sonder om noodwendig te weet hoe om hulle na te kom”.

Besonderhede oor ’n “surrealistiese” ontmoeting van drie uur waarin ’n “wakker, welsprekende en uitdagende” Mugabe sy menings aan Amerikaanse diplomate bekend gemaak het, verskyn in ’n geheime Amerikaanse diplomatieke nota wat aan die klik-webwerf WikiLeaks gelek is.

Dié nota, wat eksklusief deur Die Burger bekom is, beskryf Mugabe as “moontlik die gesondste 85-jarige in Zimbabwe”, “duidelik verknog aan die verlede” en “desperaat om weer by die wêreld in te skakel en as ’n ringkop (elder statesman) behandel te word”.

Die vertroulike nota van 16 bladsye, met die opskrif: “Tee met Mugabe” en wat 2 Junie 2009 gedateer is, doen verslag oor ’n marathon-ontmoeting tussen Mugabe, regeringsamptenare van Zimbabwe, ­James McGee, die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, en Donald Payne, ’n Amerikaanse kongreslid van die Demokratiese Party.

Op ’n vraag van McGee oor Zuma se regering het Mugabe “gesug dat hy nie glo (die ANC) het Thabo goed behandel nie, veral omdat hy in die proses was om Zimbabwe te help”.

Terwyl hy Mbeki beskryf het as “veroordelend en afgemete, en versigtig met beleid”, het hy bygevoeg “vir ons is (Mbeki) ’n grootse man”.

Terwyl Zuma beloftes gemaak het, “moet daar nog gesien word of dit waar gaan word”. Mugabe is van mening dat indien Zuma sy verkiesingsbeloftes wil nakom, sal hy van dié wat het – die wit mense – moet neem en gee aan dié wat nie het nie. Die vraag is, so glo Mugabe, of die wit mense bereid sal wees om hul ondernemings met swartes te deel.

“Hy het gesê dis ‘makliker’ in Zimbabwe, waar daar nie so ‘baie wittes is nie’, maar ‘Suid-Afrika het 4 miljoen wittes ... plus die Indiërs.’ ” Mugabe het opgemerk Suid-Afrika is “werklik ’n reënboognasie”.

Die ontmoeting, wat op 20 Mei verlede jaar in Mugabe se ampswoning in Harare plaasgevind het, was die eerste tussen Amerikaanse diplomate en Mugabe in langer as ’n jaar.

Mugabe het ’n “monoloog van ’n uur lank gevoer” waarin hy homself geskilder het as “die slagoffer van internasionale mishandeling en gebroke beloftes”, en toe ’n “lang relaas gelewer oor Zimbabwe se geskiedenis”.

Die Amerikaners het Mugabe fyn dopgehou vir enige tekens van siekte. Maar hoewel hy “nie kon stilsit nie” en “gedurig aan sy sokkies getrek het”, het hy “voorgekom as ’n lewendige 85-jarige in uitstekende gesondheid”.

Amerika het Dinsdag sanksies teen Zimbabwe se prokureur-generaal, Johannes Tomana, ingestel vir sy beweerde aandeel in die ondermyning van demokrasie in die land, berig Sapa-AFP.

Die Amerikaanse tesouriedepartement beweer dat Tomana “sekere politieke teenstanders teiken, wat die regsreël bedreig”.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: zimbabwe  |  wikileaks  |  sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
78 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Sommer so koelbloedig - nee, hy was seker 'n dwelmsmous of iets dergeliks. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.