Zuma op pad na Zim
2012-08-15 17:56
Harare – Pres. Jacob Zuma is op pad na Zimbabwe vir inligtingsessies oor hervorming in dié land, wat regmaak vir sy eerste verkiesing sedert 2008.
Zuma was laas in 2010 in Zimbabwe, maar het besluit om weer die land te besoek wat ‘n konsep-grondwet geskep het. Dit beteken ‘n verkiesing kan nog voor die einde van die jaar plaasvind.
Dit sal die eerste verkiesing sedert 208 wees toe pres. Robert Mugabe gewen het nadat sy opponent, Morgan Tsvangirai, homself onttrek het om die dodelike geweld in die land te stop. Sowat 200 mense is tydens die verkiesing doodgemaak.
Zuma beoog om tydens sy besoek meer inligting oor die nuwe grondwet te bekom, voor hy na ‘n streeksberaad in Maputo gaan.
“President Zuma kom om meer uit te vind oor die vordering wat ons met die grondwet gemaak het,” het George Charamba, Mugabe se woordvoerder, gesê.
“President Zuma kom nie om enigiets te onderhandel of te bespreek nie.”
Zuma is geskeduleer om apart met Mugabe en Tsvangirai te vergader. Hy gaan ook met Welshman Ncube, een van Tsvangirai se vertrouelinge, vergader. Ncube is ook getroud met een van Zuma se dogters.
Vroeër vanjaar het Mugabe gedreig om Zuma te verwerp indien hy enige voorkeur tydens sy bemiddeling wys.
Zuma wil Zimbabwe help om vinniger tot ‘n referendum te kom, wat ‘n verkiesing sal bespoedig.
Die konsep-grondwet sal presidensiële mag verminder en die parlement s’n vermeerder. Dit sal ook die presidentstermyn tot 10 jaar verminder en die president sal vervolg kan word indien hy sy pos verlaat.
Mugabe se Zanu-PF sê dit wil hê dat dele van die grondwet hersien moet word voor dit goedgekeur word, spesifiek by kwessies soos wie burgerskap mag kry en hoe provinsiale goewerneurs aangestel word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP