Zuma met militêre eer in Zim ontvang

2010-03-17 02:03
Tweets Share Share line Print

Tangai Chipangura

Harare - Pres. Jacob Zuma wil Zimbabwe se leiers verplig om twispunte eers opsy te skuif en só die weg vir nuwe verkiesings in 2011 te verseker.

Zuma het Dinsdagaand in Harare aangekom vir ’n besoek van twee dae, met ’n dooiepunt wat die eenheidsregering ná 13 maande in die gesig staar.

Pres. Robert Mugabe, die premier, Morgan Tsvangirai en adjunkpremier, Arthur Mutambara, het hom op die internasionale lughawe in Harare ontmoet.

Zuma is met volle militêre eerbetoon ontvang. Hy het nie met joernaliste gepraat voor hy na die Rainbow Towers Hotel, waar die rooi tapyt vir hom uitgerol is, is nie.

Mugabe se Zanu-PF en Tsvangirai se MDC stamp koppe oor verskeie kwessies van die magsdelingsooreenkoms wat nog nie in werking gestel is nie.

Hulle kan nie ooreenkom oor talle hoë aanstellings nie, waaronder die provinsiale goewerneurs, Gideon Gono as die president van Zimbabwe se Reserwebank en Roy Bennett, MDC-tesourier, as adjunkminister van landbou.

Intussen is plaasbesettings drasties opgeskerp, oorheers Zanu-PF die proses om ’n nuwe grondwet op te stel en word die party se jeugmilisie toenemend geheraktiveer.

Zuma wil glo hê die partye moet dié kwessies eers los en eerder op die voortbestaan van die eenheidsregering fokus asook verseker die verkiesing vind wel volgende jaar plaas.

Zuma sukkel sedert November 2009 om namens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap die geskille in die eenheidsregering op te los. Dit is sy tweede besoek aan die land sedert hy verlede April tot president van Suid-Afrika verkies is.

Zuma sal vandag eers afsonderlike vergaderings met Mugabe, Tsvangirai en Mutambara hou en later ’n gesamentlike vergadering.

- Die Burger

Lees meer oor: zimbabwe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Sommer so koelbloedig - nee, hy was seker 'n dwelmsmous of iets dergeliks. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.