Zuma besoek Zimbabwe
2010-03-16 04:45
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe hierdie week besoek om die magsdeling ooreenkoms na te sien, wat ‘n dekade lange politieke en ekonomiese krisis moet beeïndig.
Pres. Robert Mugbae en sy mededinger Morgan Tsangirai, het verlede jaar ‘n eenheidsregering gevorm, om ‘n einde te bring aan ontwrigde verkiesings.
Zuma gaan vanaf 16 tot 18 Maart in Zimbabwe wees om met politieke partye te vergader, het sy kantoor Maandag in ‘n verklaring gesê.
Vroeër hierdie maand het Brittanje ‘n voorstel deur Zuma van die hand gewys. Zuma wou gehad het dat die Europese Unie alle sanksies met Mugabe en sy vennote moes beeïndig.
Zuma het ook nie ooreengestem met die mening, dat meer druk in die vorm van sanksies die weg na die toekoms baan nie.
Ongeveer drie miljoen Zimbabwiërs het reeds na Suid-Afrika gevlug, weens die ekomoniese ineenstorting in Zimbabwe.
- Reuters