Zuma besoek Angola
2009-08-20 10:48
Angola – President Jacob Zuma het laat Woensdagaand in Angola aangekom en dit is sy eerste staatsbesoek as president.
Hy beoog om groot besigheidstransaksies met die land te sluit, sowel as om kontrakte te sluit in verskeie areas soos konstruksie en energie.
“Angola het nog altyd vir Suid-Afrika in sy moeilikste tye ondersteun,” het Zuma aan die staatsmedia gesê.
Hy het meer samewerking, versterkte band en verhoogde handel met Luanda belowe.
Hy en die leier van Angola, Eduardo dos Santos, sal vandag in gesprekke tree en sal later gesamentlik ongeveer 150 Suid-Afrikaanse en Angolese besigheidsleiers, wat hulle eie gesprekke oor handel en investering in Luanda gevoer het, toespreek.
“Ons is hier met die belang om die deure vir Suid-Afrikaanse beleggings oop te maak,” het Isidro Pinheiro, Angola se sekretaris van waterwese gesê.
“Hierdie forum kan ons ‘n geleentheid gee wat nie hier gaan stop nie, dit sal voortgaan in die toekoms,” het hy bygevoeg.
- Sapa-AFP