Zuma agterdogtig oor hulp uit Weste
2011-07-20 10:10
Pretoria – Pres. Jacob Zuma het gewaarsku dat Suid-Soedan, die wêreld se jongste land, dalk die prooi kan word van lande wat bystand verleen met die uitsluitlike doel om dié nuwe nasie te oorheers.
Hy het Dinsdag aan die einde van die samesprekings met Jakaya Kikwete, die Tanzaniese president, in Pretoria gepraat, berig RSG.
Zuma het die prominente rol wat sommige Europese lande gespeel het tydens die onlangse onafhanklikheidsfeesvieringe in Juba, die Suid-Soedanese hoofstad, bevraagteken.
Die Tanzaniese president het Suid-Afrika intussen gevra om voort te gaan om die voortou te neem om konflikte in Afrika op te los.
Kikwete het gesê Suid-Afrika het die vermoë om die rol te speel weens sy politieke, ekonomiese en militêre vermoëns.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG