Zuma: ‘Libië ’n groot uitdaging vir SA in 2011’
2011-12-19 08:01
Johannesburg – Die onluste in Libië was een van Suid-Afrika se grootste uitdagings in 2011.
Pres. Jacob Zuma het Sondag in sy bestekopname van die jaar gesê Suid-Afrika het uit beginsel konsekwent opgetree in sy pogings om ’n oplossing te vind vir die geweld in die land.
“Ons sal voortgaan om met die Afrika-Unie saam te werk om ’n oplossing vir Libië te vind en om die uitdagings in die Noord-Afrika-streek te pak.”
Die res van Zuma se toespraak het onder meer werkskepping, gesondheid, huisvesting, misdaad en landelike ontwikkeling ingesluit.
Zuma het verwys na groot ontwikkelingsprojekte wat sal sorg vir tussen 50 000 en 100 000 werkgeleenthede in die boubedryf tot 2015.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld