Zim's se vergunning deur kabinet beëindig
2010-09-02 16:50
Kaapstad – Die spesiale vergunning van die kabinet aan Zimbabwiese burgers gaan aan die einde van die jaar beëindig word.
Zimbabwiërs is vanaf April verlede jaar toegelaat om in Suid-Afrika te woon sonder die nodige dokumente.
Die regering se woordvoerder, Themba Maseko, sê ná 31 Desember vanjaar moet alle Zimbabwiërs in Suid-Afrika die nodige dokumente hê anders gaan hulle gedeporteer word.
Harare het as deel van die bilaterale ooreenkoms onderneem om die nodige dokumente aan sy burgers uit te reik.
Volgens die regering is die vergunning gemaak toe daar 'n politieke krisis in Zimbabwe was.
Dit glo dat 'n mate van stabiliteit na Zimbabwe teruggekeer het, en dat Zimbabwiërs soos enige ander buitelander behandel moet word.
Hy sê die kabinet se besluit om die vergunning op te skort, is om te verseker dat alle buitelanders wettig in Suid-Afrika is.
Volg Nuus24 op Twitter.