Zimbabwiese boer sterf in plaasaanval
2011-09-07 07:01
Kaapstad – Gemoedere in Zimbabwe boeregemeenskappe loop hoog nadat ’n boer op sy plaas aangeval en vermoor is.
Collin Zietsman (in sy vroeë vyftigs) en sy vrou (wie se naam onbekend is) is verlede Vrydag op hul plaas sowat 200 km noordoos van Harare aangerand.
Zietsman is in die aanval dood, terwyl sy vrou met verskeie beenbreuke in ’n hospitaal opgeneem is, het Hendrik Olivier, uitvoerende hoof van die Commercial Farmers Union in Zimbabwe, Dinsdag gesê.
“Dié misdaad is ’n simptoom van wat die afgelope 12 jaar toegelaat is om hier te gebeur.”
Olivier het gesê 22 boere is sedert 2000 in Zimbabwe vermoor. Hy het egter beklemtoon nie almal is polities gemotiveer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger