Zimbabwiërs ‘sal nie uitgeskop word’

2010-12-21 09:20
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Zimbabwiërs wat aansoek gedoen het om wettig in Suid-Afrika te wees, sal nie in hegtenis geneem word of uit die land gesit word as hul aansoeke nié teen einde Desember verwerk is nie.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, het gister tydens ’n verrassingsbesoek aan die Harrisonstraat-kantoor van dié departement aan honderde Zimbabwiërs gesê hulle moet slegs aansoek doen om “veilig” te wees.

“Ek wil mense verseker dat hulle nie in hegtenis geneem sal word indien hulle nog nie hul dokumente het nie.

“Maar hulle moet aansoek doen en bewys daarvan kan lewer,” het Dlamini-Zuma gesê.

Die minister en haar direkteur-generaal, Mkuseli Apleni, het die kantoor besoek om vas te stel hoe die registrasieproses vorder.

Die regering het vroeër gesê Zimbabwiërs wat teen 31 Desember onwettig in die land is, sal gedeporteer word.

Dlamini-Zuma het gister gesê dat dié wat wel aansoek gedoen het nie bekommerd hoef te wees nie. Hulle sal egter nie na Zimbabwe kan gaan sonder die nodige permitte nie.

“Dit is ’n ongerief, maar daar is te veel aansoeke om dit voor Kersfees te verwerk.”

Ronnie Mamoepa, departementele woordvoerder, het gesê sowat 84000 Zimbabwiërs het in Gauteng aansoek gedoen.

“Maar daar is nog tienduisende wat moet registreer en ons gaan nié die sperdatum uitstel nie,” het Mamoepa gesê.

Volgens Dlamini-Zuma word die registrasieproses deur die Zimbabwiese regering vertraag, want hy sloer met die uitreiking van wettige paspoorte aan sy burgers.

Sy het egter gesê haar departement sal alles in sy vermoë doen om die proses aan te help.

Ngqabutho Dube, ’n woordvoerder van die MDC, het ’n lys name aan Dlamini-Zuma oorhandig van Zimbabwiërs wat nie geboortesertifikate of identiteitsdokumente het nie.

Dlamini-Zuma het gesê haar departement sal by die Zimbabwiese regering aansoek doen om die nodige dokumente te kry.

Mamoepa het gesê 2911 amnestie-aansoeke is ontvang van mense wat identiteitsdokumente onregmatig bekom het.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: sa-politiek  |  zimbabwe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Sommer so koelbloedig - nee, hy was seker 'n dwelmsmous of iets dergeliks. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.