Zimbabwe wil Europese Unie hof toe sleep oor ‘slim’ sanksies

2011-10-03 09:25
Tweets Share Share line Print

Harare – Die Zimbabwiese regering maak hom gereed vir regstappe teen die Europese Unie (EU) oor die instelling van “slim” sanksies teen president Robert Mugabe en sy senior partybeamptes, het The Sunday Mail Sondag berig.

Volgens die koerant het Johannes Tomana, Zimbabwe se hoof-regsverteenwoordiger, ’n span van die land se bekwaamste regskenners bymekaar geroep om ’n klag teen die EU in te dien.

“Natuurlik gaan ons dagvaar. Ons het ’n skrywe aan hulle gerig en verwag dat hulle die voortgesette instelling van ‘slim’ sanksies teen ons moet regverdig,” het hy gesê.

Tomana het vroeg in September ’n ultimatum aan die EU gestel om binne twee weke te verduidelik waarom reisbeperkings op Mugabe en sommige van sy senior Zanu PF-beamptes van krag is. Indien nie, sou hy deur ’n hofsaak in die oë gestaar word.

Tydens sy besoek aan Zimbabwe het die EU se hoofdiplomaat vir Afrika, Nicholas Westcott, gesê dat die Europese blok gereed is vir die stryd met Harare.

Die EU het in 2002 “slim”sanksies teen Mugabe en sy lojaliste ingestel. Altesaam 163 Zimbabwiërs verskyn op die EU-sanksielys. Mugabe beweer die sanksies skaad sy land se ekonomie.

– Sapa-dpa

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Sommer so koelbloedig - nee, hy was seker 'n dwelmsmous of iets dergeliks. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.