Zim ‘weet niks’ van beskadigde eiendom
2010-05-18 09:00
Kaapstad. – Die Zimbabwiese owerhede in Pretoria sê hulle dra geen kennis daarvan dat hul eiendom in Suid-Afrika gevandaliseer word nie.
’n Senior amptenaar by die ambassade – ene Mike, wat nie sy volle naam wou verskaf nie – het gesê Zimbabwe het diplomatieke eiendom dwarsoor Suid-Afrika, asook in Kaapstad.
“Ons weet niks van eiendom wat opgeveil gaan word nie. Ons weet nie van plundery nie. Ons weet nie van eise nie.”
Hy wou ook niks oor die land se agterstallige betalings van meer as R20 000 aan die Stad Kaapstad sê nie. “Dit is diplomatieke eiendom. Ek kan niks sê nie.”
Twee skuldeisers, AfriForum en ’n Duitse bankgroep, hetal sukses behaal in regsoptrede teen die Zimbabwiese regering deur op van sy eiendom hier beslag te lê.
Die Zimbabwiese regering se eiendom in Kenilworth, Wynberg asook die eertydse Zimbabwiese konsulaat in Zonnebloem, is erg geplunder.
- Die Burger
- Die Burger