Zim verkoop weer binnekort diamante
2010-05-29 07:18
Harare – Zimbabwe word binnekort weer toegelaat om hul omstrede diamante op die internasionale mark te verkoop.
Dit kom nadat Zimbabwe die uitvoer van hul diamante verban het.
Volgens Abbey Chikane, ‘n monitor van die Kimberley-proses, het hy die Marange-streek in Zimbabwe besoek.
Chikane het Donderdag voorgestel dat die beheerliggaam Zimbabwe se verkope goedkeur.
Die Kimberley-proses is ’n internasionale meganisme wat probeer keer dat diamante op die internasionale mark beland wat in omstandighede ontgin is waar bloedvergieting en konflik ’n rol gespeel het.
Volgens Chikane gaan soldate in Marange bly totdat die regering ‘n veilige omgewing vir beleggers skep.
Dié gebied is bekend vir bewerings van moorde, regskending en handel van bloeddiamante.
- AP
Volg Nuus24 op Twitter.