Zim verban uitvoer van diamante
2010-05-27 16:19
Harare – Zimbabwe het alle uitvoer van diamante verban totdat ‘n monitor van die Kimberley-proses die verkope van edelstene, wat deur middel van mishandeling van menseregte verkry word, goedgekeur het, het die minister van mynbou Donderdag gesê.
Die Kimberley-proses is ’n internasionale meganisme wat probeer keer dat diamante op die internasionale mark beland wat in omstandighede ontgin is waar bloedvergieting en konflik ’n rol gespeel het.
Volgens Obert Mpofu, minister van mynbou, het hy alle diamant-uitvoere van Zimbabwe opgeskort totdat die kwessie met Kimberley-proses uitgesorteer word.
Die Kimberley-proses het Zimbabwe tot einde Junie gegee om hul mishandeling van menseregte in die oostelike Marange-diamantvelde te stop.
Ondersoekers het hier geforseerde arbeid en ander mishandelings teenoor burgerlikes gedokumenteer.
President Robert Mugabe het gedreig dat hy uit die Kimberley-proses sal onttrek as die land nie toegelaat gaan word om edelstene te verkoop nie.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.