Zim universiteit ly aan talentverlies
2010-02-16 20:46
Harare – Die Universiteit van Zimbabwe ly aan ‘n massiewe verlies aan dosente waar minder as die helfte van die nodige personeel tans doseer.
Daar is minder as 500 mense wat doseer terwyl daar eintlik 1200 dosente benodig word.
Die min hoeveelheid dosente het die universiteit geforseer om nuwe inskrywings vir sekere grade te stop.
Van die 211 dosente wat in die fakulteit vir wetenskap benodig word, is slegs 32 beskikbaar aangesien die res nou in die privaat sektor is of oor die grens gegaan het.
Die ekonomiese en politieke krisis in die land het veroorsaak dat talle professionele mense werk in Suid-Afrika en Brittanje gaan soek het.
Die tekort aan dosente het veroorsaak dat die universiteit nie nuwe studente dié jaar kon inneem nie.
- Sapa-AFP