'Zim toon baie vordering' - Mugabe

2009-12-23 21:15
Tweets Share Share line Print

Harare - President Robert Mugabe het gesê Zimbabwe sien "vreeslik baie vordering" onder sy nuwe regering, ten spyte daarvan dat die voedselreus Nestlé Woensdag besluit het om hul bedrywighede in die land stop te sit.

By 'n perskonferensie saam met sy voormalige aardsvyand Morgan Tsvangirai, het laasgenoemde aangedring dat daar nou geensins van die ooreenkoms op die verdeling van mag in die land teruggegaan kan word nie, al sukkel die twee leiers en hul faksies al 'n jaar lank om oor die weg te kom.

"Daar is enorme vordering op die politieke gebied.

"Mense het geluister na ons noodkreet vir vrede," het Mugabe gesê.

"Ons is baie gelukkig. Ons hoop volgende jaar sal baie beter wees," aldus Mugabe.

"Net gister het ons met mekaar geboks. Ons het mekaar nou gevind, ons gesels met mekaar, ons kuier saam en ons is gelukkig," het die president gesê.

Mugabe, wat regeer sedert die land onafhanklik geword het van Brittanje in 1980, was vroeër vanjaar forseer in 'n ooreenkoms om magsverdeling met Tsvangirai. Dít kom na die land se betwyfelbare verkiesings in 2008.

Maar die regering sit steeds vas oor verskeie brandpunte, onder meer wie as die goewerneur van die sentrale bank aangestel moet word.

Ten spyte van die verskille het Tsvangirai gesê die regering sal nie ineenstort nie.

"Ons sit agter die stuur en die proses kan nie omgedraai word nie," het Tsvangirai gesê.

"Oor die afgelope 10 maande het die nuwe regering baie ondersteuning van die landsburgers ontvang. Dit is bemoedigend," het hy gesê.

Maar Tsvangirai het wel sy bekommernis uitgespreek oor die voedselreus Nestlé, wat besluit het om tydelik al hulle bedrywighede in Zimbabwe te staak.

- Sapa

Lees meer oor: afrika-politiek  |  zimbabwe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Sommer so koelbloedig - nee, hy was seker 'n dwelmsmous of iets dergeliks. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.