Zim politikus in pekel oor mielies
2010-04-01 09:46
Kaapstad - Die Zimbabwiese politikus Roy Bennett staan moontlik op nuwe aanklagte tereg - dié keer vir die onwettige besit van 'n groot hoeveelheid mielies.
Bennet het vanoggend by die hooggeregshof in Harare aangekom om te hoor of sy aansoek vir die tersydestelling van die terreur-aanklagte teen hom, suksesvol was, toe hy oor die nuwe gebeure ingelig is.
Hy moet op die 6de April in die hof verskyn op aanklagte dat hy in Oktober 2001 onwettig in die besit was van 109 ton mielies op sy plaas.
Die owerheid het op die mielies beslag gelê.
Bennett sê die mielies is gebruik vir voer en kos vir sy werkers.
Die MDC sê dit is 'n hernieude poging deur die Zimbabwiese regering om Bennett uit die politiek te hou.
- AFP