Zim-polisie plunder MDC-eiendom
2009-10-24 16:04
Harare - Gewapende polisielede het Vrydagaand ‘n klopjag op Morgan Tsvangirai, die premier van Zimbabwe se eiendom uitgevoer.
Tendai Biti, die sekretaris-generaal van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het in ‘n nuuskonferensie gesê die polisie, wat na bewering vir wapens gesoek het, het die eiendom waar party-amptenare tydelik woonagtig is, deursoek.
Daar was oor die 50 polisielede wat die klopjag uitgevoer het, het Biti gesê.
Die klopjag kom enkele dae nadat die MDC sy kontrak met president Robert Mugabe se ZANU-PF party opgeskort het.
Die eenheidsregering kan, volgens Tvangirai, slegs suksesvol wees indien talle kwessies eers opgelos word.
-Sapa-AFP