Zim ongeluk eis 40
2009-08-03 13:07
Harare- Minstens 40 mense is dood en 30 ander beseer toe ‘n bus en vragmotor op ‘n stuk pad wat bekend is vir gru ongelukke, in Zimbabwe verongeluk het.
Volgens Zimbabwe se staats-radiostasie was die bus stamp vol gepak toe dit Sondag sowat 80 km buite Harare in die vragmotor vasgery het.
Die ongeluk het naby die toneel waar Susan Tsvangirai, die vrou van Zimbabwe se premier Morgan Tsvangirai in Maart vanjaar dood is. In Mei vanjaar is 30 mense op dieselfde pad in ‘n busongeluk dood.
Busongelukke vind gereeld in Zimbabwe plaas en word blameer op die slegte toestand van paaie en motors asook bestuurders wat die spoedlimiet oorskry.
Padwerke in Zimbabwe is stopgesit vanweë die land se ekonomiese ondergang.
Nuus24 het Sondag net ná die ongeluk berig dat 33 mense oorlede is.
-Sapa