Zim: nie ’n 2de cholera-epidemie
2009-08-27 09:47
Harare – Twaalf pasiënte wat vermoedelik cholera gehad het, is negatief getoets, het Zimababwe se gesondheidsdepartement Donderdag gesê.
Dit het vrese van ‘n nuwe cholera-epidemie in dié land gestuit.
Die voorvalle uit die Chipinge-distrik is aanvanklik as cholera behandel terwyl laboratoriumtoetse gedoen is, het Gerald Gwinji van die gesondheidsdepartement aan die media gesê.
Zimbabwe het sopas van ‘n cholera-epidemie wat 4 300 lewens geëis het, herstel.
Omtrent 100 000 mense het die siekte tydens die epidemie opgetel.
Mediese hulpdienste het gewaarsku dat die moontlikheid van nog ‘n cholera-epidemie in Zimbabwe baie groot is.
Dit is grootliks as gevolg van die land se vervalle water- en rioolinfrastruktuur.
- Sapa-dpa