Zim-minister in motorongeluk
2010-03-25 13:00
Harare – Zimbabwe se minister van finansies, Tendai Biti, was Woensdagaand in ‘n ernstige botsing met ‘n vragmotor betrokke, het die plaaslike media berig.
Na bewering het die voorval sowat 120km buite Harare plaasgevind terwyl die minister in een ‘n ampsmotor vervoer is.
Die presiese verloop van gebeure is nog nie bekend nie.
Amptenare het Donderdag gesê dat Biti goed aansterk en dat hy binnekort weer by die werk sal wees.
Lees meer hier.