Zim-kwessies onopgelos
2009-10-26 23:23
Harare - President Robert Mugabe en die premier Morgan Tsvangirai verskil soos dag en nag van mekaar wanneer dit kom by kwessies wat die eenheidsregering beïnvloed, het ‘n minister gesê nadat die leiers van Zimbabwe Maandag bymekaar gekom het.
Die twee leiers het vir die eerste keer in 10 dae vergader in ‘n poging om die bande tussen hulle te versterk.
"Hulle het egter daarin misluk om enige vordering te maak,” het Nelson Chamisa, die woordvoerder vir Tsvangirai se party, die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC).
"Die leiers het vergader. Ongelukkig het alles tot op ‘n dooie punt uitgeloop,” het Chamisa gesê na ‘n vergadering van langer as drie ure lank in Harare.
“Ons verskil soos dag en nag oor belangrike kwessies.”
- AFP