Zim kry groen lig vir diamantverkope

2011-01-05 15:58
Tweets Share Share line Print

Harare - Zimbabwe het toestemming ontvang om – met toesig – voort te gaan met die verkope van diamante wat ontgin is by die omstrede Marange-velde in dié land, het 'n senior regeringsamptenaar Woensdag gesê.

Gift Chimanikire, adjunk-minister van myne, het gesê dat Harare 'n brief van die Kimberley-proses-sertifiseringskema ontvang het wat toestemming verleen dat diamante wat tussen 2006 en 2009 ontgin is, verkoop mag word.

Die Kimberley-proses is 'n groepering van lande wat in diamante handel dryf wat, tesame met burgerlike groepe, die handel in sogenaamde konflikdiamante teenstaan. Die groep beheer meer as 90 persent van die wêreld se diamantmark.

"Ons het gewag... vir toestemming om voort te gaan," het Chimanikire aan die Duitse nuusagentskap DPA gesê. "Ons werk aan die nodige prosesse om die verkope so gou as moontlik te doen."

Die Marange-diamantvelde in die ooste van die land is telkens in die nuus oor bewerings van menseregtevergrype en diefstal deur die weermag en regeringsamptenare, veral by die berugte Chiadzwa-veld.

Die meeste Westerse lande wat by die handel in diamante betrokke is wil nie hê dat Zimbabwe toegelaat moet word om diamante te verkoop tot die menseregte-situasie in die land nie verbeter nie.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa-DPA

Lees meer oor: kimberley-proses  |  diamante

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Systems Engineer

CPT - CBD
Communicate Cape Town IT
R45000 - R54000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2004
R 139,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 185,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.