Zim herskryf konstitusie
2010-06-16 22:33
Harare, Zimbabwe - Zimbabwe het 'n program geloods waarvolgens hulle die land se konstitusie gaan herskryf met die oog op volgende jaar se nasionale verkiesing.
Diè poging is reeds vir die afgelope nege maande vertraag ná die vorming van 'n eenheidsregering tussen pres. Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai.
Die seremonie het Woensdag laat begin met baie mense en verslaggewers wat verbied is om die verrigtinge by te woon glo omdat hulle nie amptelike uitnodigings gehad het nie.
Mugabe wat reeds sedert 1980 aan bewind is, het 'n voorstel van die hand gewys wat presidente tot twee vyfjaar-termyne beperk.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP