Zim groep gaan teen N Korea sokkerspan betoog
2010-04-30 14:38
Harare – ‘n Opposisiegroep in Harare het onderneem om teen Noord-Koreaanse sokkerspelers, wat beplan om voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die Zimbabwiese hoofstad te oefen, te betoog.
Die Zimbabwe African People's Union het Donderdag gesê dat mense in Zimbabwe se westelike provinsie van Matabeleland nog nie vir Noord-Korea vergewe het dat hulle troepe opgelei het wat in die 1980s ‘n gewapende rebellie vernietig het nie.
Tienduisende burgerlikes in die weste van Zimbabwe het gesterf gedurende die vyf jaar lange Matabeleland-oproer.
Zimbabwe se minister van toerisme het gesê dat Noord-Korea se sokkerspan beplan om volgende maand by ‘n stadion in Harare te oefen.
Die span sou oorspronklik in die Matabeleland-provinsie geoefen het, maar die minister van toerisme ontken dat die verandering van dorp polities gemotiveerd was.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter