Zim-gesondheidsdiens kry hupstoot

2009-11-25 11:42
Tweets Share Share line Print

Harare – Zimbabwe se sukkelende gesondheidsdiens sal US$180 miljoen (R1.3 miljard) van die internasionale hulpagentskap Global Fund ontvang om te help met die stryd teen MIV/Vigs, asook tuberkulose en malaria.

Die Zimbabwiese regering en Global Fund het vroeër vanjaar in Genève, Switserland, 'n ooreenkoms geteken vir die beskikbaarstelling van geld vir dié toelaag.

"Die eerste fase van die toelaag sal in Januarie 2010 begin en tot Desember beskikbaar wees,” het 'n Global Fund woordvoerder, Rangarirai Chiteure, aan die koerant Herald gesê.

Zimbabwe ontvang al van 2002 af geld van Global Fund. Die jongste toelaag is die vierde wat aan dié land toegeken is.

In September vanjaar het Zimbabwe vordering in sy stryd teen MIV/Vigs aangekondig. Die land het gesê die tempo waarteen die infeksie versprei het, het tot 13.7% onder jongmense en volwassenes gedaal van 14.1% die jaar voor dit.

Henry Madzorera, minister van gesondheid, het gesê dié persentasie is steeds te hoog. Hy het ‘n beroep gedoen vir verdere pogings om dit te verlaag.

Zimbabwe is een van die min lande in die wêreld wat ‘n groot afname in MIV-infeksies toon. Die land het in 1999 'n tempo van 33% getoon.

Dié sukses word toegeskryf aan veldtogte deur die regering en internasionale skenkers, asook Zimbabwe se ekonomiese ondergang wat dit moeiliker gemaak het vir mense om meer as een seksuele verhouding te onderhou.

Die land sukkel om vir mense met Vigs te sorg as gevolg van 'n tekort aan antiretrovirale behandeling. Sowat 60 000 mense, slegs 20% van dié wat dit benodig, ontvang dié medikasie.

- Sapa-AFP   
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: zimbabwe  |  vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY96
1999
R 59,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.