Zim eis verskoning oor EU-sanksies
2009-09-11 12:18
Harare - Zimbabwe gaan die naweek 'n verskoning by die Europese Unie (EU) eis omdat hy sanksies op pres. Robert Mugabe en sy binnekring geplaas het.
Belgiese minister van buitelandse sake, Karel de Gucht, sal aan stuur van EU-span wees wat Saterdag en Sondag met Mugabe en die premier Morgan Tsvangirai vergader.
Regeringsbeamptes het aan die staatsbeheerde Herald gesê die regering sal 'n verskoning eis vir die sanksies wat weens die skending van menseregte en die foutiewe verkiesing op dié land geplaas is.
"Daar kan nie bande wees waar 'n nasie minderwaardig behandel word nie. Dit is nie van nasionale belang dat buitelanders toegelaat moet word om aan ons voor te skryf hoe om ons land te regeer nie," berig die koerant.
Fredrik Reinfeldt, Sweedse premier, het Donderdag gesê die EU is nie gereed om sy sanksies teen Zimbabwe op te hef nie.
“Ek wil dit duidelik stel: Die EU is nie bereid om die beperkings op Zimbabwe op te hef nie,” het Reinfeldt gesê. Swede hou tans die roterende EU-voorsitterskap.
“Dit is nie die beperkings wat die probleme in Zimbabwe skep nie; dis van wanbestuur dat menseregte nie gerespekteer word nie.”
– Sapa-AFP