Zim-dollar sal nie gou herstel
2009-08-01 11:29
Johannesburg – Zimbabwe se eerste minister, Morgan Tsvangirai, het Vrydag in Johannesburg gesê die Zimbabwiese dollar sal nie vinnig herstel nie.
"Ek sien nie dat ons die nabye toekoms die Zimbabwiese doller weer in die land kan gebruik nie”, het hy tydens ‘n ete met besigheidsleiers gesê.
Zimbabwe se huidige gebruik van internasionale geldeenhede was nooit ‘n langtermyn oplossing nie, maar Tsvangirai sê Zimbabwe sal eers weer sy oorspronklike geldeenheid kan gebruik as dit die vermoë het om dié geld te vervaardig en ekonomies in plek te hou.
“Ons het besef dit is belangrik om geldeenheid wat deur banke aanvaar word te gebruik, om besigheid in die land te bevorder”, het hy gesê.
"Ek glo dat as die Zimbabwiese dollar weer in gebruik gestel word, dit ‘n ekonomiese eerder as ‘n politiese besluit sal wees.
- SAPA