Zim: diesel kan toe níé uit klip tap

2009-07-28 09:36
Tweets Share Share line Print

Harare, Zimbabwe – ’n Tradisionele geneser wat kabinetslede van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe oortuig het sy kan diesel uit ’n klip tap, is die naweek hier aan bedrog skuldig bevind.

Rotina Mavhunga, wat ook die skuilnaam Nomatter Tagirira gebruik het, het in Maart 2007 ’n tenk agter ’n groot klip in die veld weggesteek, dit met diesel gevul en regeringsamptenare gekontak, is die naweek in die magistraatshof in Chinhoyi getuig.

Toe die amptenare gaan ondersoek instel, het ’n handlanger ’n kraan oopgedraai wat diesel teen die klip laat afloop het, het die staatsbeheerde The Herald gister berig.

Mugabe het destyds ’n taakgroep van sy kabinet na Chinhoyi gestuur om haar “wonderwerk” te ondersoek. Hulle het hom laat weet dat Zimbabwe se brandstoftekort iets van die verlede is.

Die Zimbabwiese regering en sakelui het toe glo sowat Z$500 miljard (sowat R7,5 miljoen) aan Mavhunga en haar skema bestee.

Sy is ontmasker nadat ’n tweede groep ministers op nog ’n ondersoek aangedring het.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die land se registrateur-generaal, mnr. Tobaiwa Mudede, ook by die bedrogspul betrokke was.

Hy het volgens getuienis voor die hof 125F diesel aan Mavhunga verskaf.

Magistraat Ignatius Mugova het Mavhunga, wat voortvlugtig is, in haar afwesigheid skuldig bevind op aanklagte van bedrog en dat sy waninligting aan ’n regeringsamptenaar verskaf het.

Sy sal later vandeesweek gevonnis word.

 – Sapa, dpa
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2004
R 139,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 185,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.