Zim-diamanthandel belet
2009-07-30 14:09
Harare - Die Kimberley-verdrag (KP), wat die verspreiding van konflik-diamante probeer beperk, het gevra dat Zimbabwe vir minstens ses maande van internasionale diamanthandel belet word.
Die staatskoerant Herald het berig dat ‘n verslag deur ‘n KP-span aangeraai het dat die organisasie diamanthandel met Zimbabwe stopsit totdat dié land aan die minimum standaarde van die KP voldoen.
Die Kimberley-verdrag is in 2003 gestig en probeer om te keer dat konflik-diamante, wat onder omstandighede ontgin is waar mense se lewens geneem was en konflik ’n rol gespeel het, op die nasionale mark beland.
Dit sien Zimbabwe as een van die lande waar diamanthandel beheer moet word, en dat die KP diamante eers as ‘nie-konflik-diamante’ verklaar moet word voor dit op die internasionale mark verkoop kan word.
‘n Span van die KP het vroeër die maand Zimbabwe se oostelike Marange-diamantvelde besoek om aantygings van menseregte oortredings hiér te ondersoek.
Tydens sy besoek het die KP gevra vir die onmiddellike ontrek van die plaaslike weermag vanuit hierdie omgewing. Die Zimbabwiese regering het ingestem, maar gesê dit sal slegs geleidelik gebeur.
- Sapa