Zim-diamante wek steeds kommer
2010-06-28 14:50
Johannesburg - Zimbabwe se diamantindustrie wek steeds kommer, maar die Kimberley Process-reguleerder kon nog besluit op optrede teen die land nie omdat Zimbabwe nie in 'n 'bloeddiamant'-konflik betrokke is nie.
"Ons is dit eens dat die myn van diamante in Zimbabwe 'n bekommernis is, maar daar is geen ooglopende konflik in die land nie," het Jonathan Oppenheimer, uitvoerende direkteur by De Beers, Maandag aan CNN gesê.
Oppenheimer het bygevoeg dat die land deur 'n "wettige regering" gelei word, berig TimesLive.
Lees meer hier.