Zim botsing eis 33
2009-08-02 14:10
Harare – Ten Minste 33 mense is dood en verskeie ander beseer toe ‘n bus gerol het nadat dit Sondag met ‘n vragmotor gebots het, het die staatsradio berig.
“’n Passasier in die vragmotor is op die toneel dood en 32 ander is dood nadat die bus gerol het,” het Andrew Phili, polisie woordvoerder gesê.
Die bus was van Harare na Masvingo onderweg.
Toe die busbestuurder ‘n voertuig probeer verbysteek het, het dit in ‘n aankomende vragmotor vasgery.
Volgens die radioberig is die beseerdes na hospitale in Harare en Chivhu geneem.
Padongelukke is van die grootste oorsake van sterftes in Zimbabwe as gevolg van die swak toestand van die paaie.
- AFP