Zim-boere dagvaar 15 presidente van Afrika

2011-04-25 08:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee Zimbabwiese boere wie se plase afgeneem is, dagvaar 15 Afrika-staatshoofde voor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se tribunaal.

Adv. Jeremy Gauntlett SC van Suid-Afrika het die hofstukke namens hulle op ’n dringende grondslag by die SAOG-kantoor in Windhoek, Namibië, ingedien.

Die eerste twee applikante is William Campbell van die Chegutu-distrik in Mashonaland-Wes en sy maatskappy, Mike Campbell.

Die derde applikant is Luke Tembani van die Nyazura-distrik.

Daar is drie verweerders. Die eerste is die presidente van 15 Afrika-lande, onder wie pres. Robert Mugabe.

Die tweede is die ministersraad van die SAOG en die derde die Republiek van Zimbabwe.

Die aansoek hou verband met ’n baie omstrede besluit van die 15 SAOG-staatshoofde in Augustus dat die tribunaal van die SAOG se werk gestaak word sodat die werkwyse van die tribunaal ondersoek kan word.

Die tribunaal is effektief summier ontbind.

Sowel hy as Tembani het reeds – toe die tribunaal nog bestaan het – bevele gekry dat die onteiening van hul grond onregmatig was, maar die Zimbabwiese regering het sonder seremonie aangekondig hy weier om die tribunaal se bevele te erken.

Nou wil Campbell en Tembani verdere stappe voor die tribunaal doen in ag genome die Zimbabwiese regering se houding, maar hulle kan dit weens die opskorting van die tribunaal se werk in Augustus nie doen nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: zimbabwe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2004
R 139,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 185,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.