Zim-boere: SA op ’selfde pad
2010-03-30 10:09
Kaapstad - Suid-Afrika kan ‘n tweede Zimbabwe word, sê die Zimbabwe Commercial Farmers’ Union (CFU).
Dié unie se voorsitter, Deon Theron, sê dié unie is veral bekommerd oor die uitsprake deur Julius Malema, voorsitter van die ANC Jeugliga, ander plaaslike politici en die regering se stilte daaroor.
Thereon het met landbou.com gesels tydens die jaarlikse kongres van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (Sacau).
“Dís waar alles in Zimbabwe begin het. Daar was mense wat die hele tyd omstrede uitsprake gemaak het, en die regering het hulle nie gestop en hulself nie sterk daarteen uitgespreek nie. Die SA regering het die geleentheid om uit Zimbabwe se foute te leer, maar dit lyk nie of hulle dit ter harte neem nie,” sê Theron.
Lees meer op landbou.com.