Zim: Onafhanklikheidsheld verloor kankerstryd
2011-06-08 12:42
Harare - Edgar Tekere, 'n lid van die Zimbabwiese bevrydingstryd en voormalige sekretaris van Zanu PF, is in die ouderdom van 74 jaar dood.
Tekere was destyds Robert Mugabe se selmaat tydens sy elf jaar in die tronk.
Met onafhanklikheid in 1980 is hy as minister van arbeid aangestel, maar na 'n uitgerekte moordverhoor in 1981 afgedank.
Tekere het later Zanu PF verlaat en sy eie party, die Zimbabwe Unity Movement gestig.
Hy het ook een van Mugabe se grootste kritici geword.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG