Zim: Mugabe stel teenkorrupsie-span aan
2011-08-19 14:55
Harare – Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, het ‘n kommissie vir die bekamping van korrupsie in die lewe geroep.
Die kommissie bestaan uit nege lede, het The Herald Online berig.
Denford Chirindo, wat voorheen in die departemente van verderdiging, justisie en wetgewing gewerk het, gaan die voorsitter van die kommissie wees. Hy het ook van 2006 tot Januarie vanjaar by die Reserwebank van Zimbabwe as ‘n senior logistieke administrateur gewerk.
Teresa Mugadza, 'n beleidkonsultant, sal Chirindo se adjunk wees.
Ander lede op die kommissie is Goodwill Shana, Zivanai Rusike, Anna Chitsike, Emmanuel Chimwanda, Shepherd Gwasira, Elita Sakupwanya en Lakayana Duve.
Misheck Sibanda, die hoofsekretaris vir die president en kabinet, het in ‘n verklaring gesê dat dié aanstellings in samewerking met Morgan Tsvangirai, die premier, en Arthur Mutambara, die adjunkpremier, gedoen is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA