Zim: MDC-minister toe nie korrup nie
2011-06-29 08:10
Harare - Die Zimbabwiese hooggeregshof het aanklagte van korrupsie teen 'n minister van Morgan Tsvangirai se MDC uitgegooi en gesê die staat kon nie die nodige bewyse lewer nie.
Elton Mangoma, die minister van energie en kragontwikkeling, is in Maart in hegtenis geneem op aanklagte van knoeiery met 'n brandstof-invoer-transaksie.
Mangoma se regsverteenwoordiger het die hof versoek om die saak uit te gooi nadat staatsaanklaers gesê het hulle wil Mangoma onder kruisverhoor neem.
Chinem-biri Bhunu, die regter, het gesê die staat se eie getuies het Mangoma van alle blaam onthef en dat die minister in landsbelang opgetree het om te verseker dat die land volhoubare brandstofvoorraad het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG