Zim-Boere doen aansoek om hofbevel
2010-08-03 11:57
Kaapstad - Drie boere op wie se plase die Zimbabwiese regering beslag gelê het, gaan Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria om 'n spesiale bevel aansoek doen om hulle regskostes te verhaal, het RSG op hul webwerf berig.
Volgens Willie Spies, hul prokureur, sal hulle om 'n hofbevel teen die Zimbabwiese regering aansoek doen.
Spies sê dit is duidelik dat die regering van Zimbabwe probeer om die boere se taak net nog verder te bemoeilik.
- Vir die volledige storie besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.