Zim: 10 vas vir wildstropery
2011-07-22 09:19
Harare – Altesaam 10 mans, waarvan vier voormalige soldate is, is in Harare, Zimbabwe, tydens twee verskillende klopjagte in hegtenis geneem vir wildstropery en die onwettige besit van ivoor en renosterhorings, het die Herald Online berig.
Die mans is vroeër die week in hegtenis geneem in 'n gesamentlike operasie tussen nasionale parke en die polisie se minerale- en grensbeheereenheid.
Hoof supt. Oliver Mandipaka, ‘n polisiewoordvoerder, het die inhegtenisnames bevestig.
'n Polisie-ondersoek sal volg, het Mandipaka ook gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA