Zambië: Tranerige Banda erken hy't verloor
2011-09-23 12:52
Lusaka – 'n Tranerige Rupiah Banda, die Zambiese president, het sy verkiesingsnederlaag teen die opposisie se Michael Sata aanvaar en sy ondersteuners aangemoedig om op ‘n vreedsame wyse dieselfde te doen.
“Die mense van Zambië het gepraat en ons moet almal luister,” het Banda tydens ‘n nuuskonferensie gesê terwyl sy vrou, Thandiwe, langs hom gestaan het.
“Dit is nie nou die tyd vir geweld nie. Dit is nou die tyd om te verenig en om more se Zambië saam te bou.”
“My generasie, die generasie van die onafhanklikheidstryd, moet plek maak vir nuwe idees. Die idees van die 21ste eeu.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters