Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Zambië: Oudpres. se seun gearresteer

2012-06-01 13:30
Tweets Share Share line Print

Zambië – Andrew Banda, Zambië se gewese president, Rupiah Banda, se seun en Indië se adjunk-hoëkommissaris is in Lusaka vir korrupsie in hegtenis geneem het die BBC berig.

Banda word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van meer as $30 000 (sowat R258 000) van 'n Italiaanse padkonstruksiemaatskappy aanvaar het. 

Hy ontken dat dit korrupsie was en sê die betaling is deur Fratelli Locci as kommissie aan sy logistieke maatskappy gemaak.

Sy pa het verlede jaar die tuig as president neergelê nadat hy tydens die presidensiële verkiesing in September aan Michael Sata verloor het.

Sata het sedert hy aan bewind gekom het 'n teenkorrupsieveldtog van stapel gestuur wat daartoe gelei het dat 'n hele aantal voormalige ministers ondersoek en in hegtenis geneem is.

Sata se opponente voel egter hy teiken die voormalige leier en sy vennote as 'n manier om hulle terug te kry.

Volgens die polisie is die hoëkommissaris gearresteer omdat hy nie kan sê waar die $70 000 (sowat R605 000) in sy persoonlike bankrekening vandaan kom nie.

Namukolo Kasumpa, 'n woordvoerder vir Zambië se polisie, het aan verslaggewers gesê Andrew Banda is formeel gearresteer en aangekla. 

Volgens die polisie het hy 2% aandeel van al Fratelli Locci se kontrakte geneem,maar volgens Banda is die geld betaal vir dienste wat hy gelewer het om die maatskappy te help om in die land registreer.

Andrew Banda is oudste seun van Rupiah Banda.

Sy jonger broer, Henry, word ook deur die polisie gesoek in verband met ander korrupsie bewerings en 'n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik nadat hy nie opgedaag het om ondervra te word nie.

Andrew Banda is intussen op borgtog vrygelaat, het sy prokureur, Sakwiba Sikota, gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: andrew banda  |  zambië  |  korrupsie
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.