Wetgewers uit diamantvelde gehou
2010-04-02 05:40
Harare – Wetgewers wat onwettige diamantmyne in die ooste van Zimbabwe wou inspekteer is deur die plaaslike polisie verhoed om dit te doen.
Volgens Moses Mare het sowat 13 wetgewers van beide partye in die koalisie-regering Dinsdag en Woensdag gewag vir toestemming om die velde te betree.
Provinsiale- en polisiebeamptes in die oostelike hoofstad Mutare het glo aan die wetgewers gesê dat hulle nie toestemming het om dié area binne te gaan nie.
Dít ten spyte van ‘n uitnodiging deur die staat se mynmaatskappy.
– Sapa, AP